Letters

Brief: Hou moed, ons sal hier deurkom

Sien eerder die positiewe in ’n situasie, hoe gering ook al, as om te fokus op die negatiewe.

Denise Edwards, Bela-Bela, skryf:

Bela-Bela se kragprobleme wat vererger word deur beurtkrag en swaar donderweer, het die afgelope week weer mense warm onder die kraag gehad en met tye op moedverloor se vlakte.

Ek verstaan almal se frustrasie en tog is dit asof dit vererger word deur uitputting — wat kenmerkend is van ’n jaar se einde.

Die afgelope klompie jare het die lewe my geleer om eerder ’n plan te maak as om te kla; eerder te bid as te wonder. Sien eerder die positiewe in ’n situasie, hoe gering ook al, as om te fokus op die negatiewe. Beplan eerder rondom die onafwendbare.

Die lewe het my al soveel rede gegee om handdoek in te gooi, maar telkens gebruik ek dit as ’n rede om te sê: O nee Satan, nie vandag nie! Want die antwoord is eenvoudig: God dra my waar ek nie kan loop nie. Dit is nie te sê dat ek nie ook gefrustreerd raak nie, inteendeel, wanneer ek my beplanning gedoen het en Eskom krap my planne deurmekaar, word ek ook warm onder die kraag.

Maar ’n boer maak ’n plan en ons weet almal ’n vrou het nog plan B, C tot Z ook in haar arsenaal.

Hou moed; ons sal wen.

Related Articles

Back to top button