Letters

Brief: Saai en TLU teken ooreenkoms

Vir Saai en TLU SA is die ontwikkeling van jongboere ’n prioriteit.

Saai en TLU SA skryf:

Saai en TLU SA het op Donderdag 8 Desember ’n ooreenkoms onderteken om samewerking tussen dié twee organisasies te verbreed, te verdiep en te versterk.

TLU SA is die oudste landbou-unie in Afrika en organiseer boere al sedert 1897.

Saai is in 2019 as ’n netwerk vir familieboere geloods in die raamwerk van die Verenigde Nasies se dekade vir familieboere.

Voor die loodsing van Saai is daar deur ’n reeks werkgroepsessies verseker dat die waardes en beleidsvertrekpunte van TLU SA en Saai samewerking aanmoedig.

Die ooreenkoms is geteken as uitvloeisel van die gedeelde fokus en waardesisteem waaruit daar reeds verskeie beleidstandpunte, projekte en posisies ontstaan het waar TLU SA en Saai hande gevat of kragte saamgesnoer het om boere se belange te beskerm, te bevorder of uit te bou. Druk op die regering en die ondertekenaars om die landboumeesterplan meer inklusief en realisties te omskryf, op Landbank om aggressiewe uitwinnings teen boere te stop, of die uitrol van sonkrag om boere se kwesbaarheid teen beurtkrag te beperk is enkele voorbeelde daarvan.

Gesamentlike standpunt-inname en projekte tussen die twee organisasies bring in getalle die grootste stem van boere op een platform byeen. Die krag van verteenwoordigende getalle is belangrik in beleidsbeïnvloeding en die daarstelling van burgerlike alternatiewe waar die regering die landbousektor in die beleidsomgewing en dienslewering faal.

Vir Saai en TLU SA is die ontwikkeling van jongboere ’n prioriteit.

Die twee organisasies stel dit in die vooruitsig om mekaar se inisiatiewe te ondersteun om jongboere en aspirantboere te bemagtig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button