Letters

Brief: Beurtkrag blaas verkeerde ‘lug’ in my pype

Ons is amper so gedwee soos die arme kardonkies wat slae kry wanneer hulle aangejaag word.

André Zeeman, Bela-Bela, skryf:

Beurtkrag — die huidige gonswoord op almal se lippe — word nou al aanvaar saam met al die ongemak en ontwrigting wat dit veroorsaak.

Ons is amper so gedwee soos die arme kardonkies wat slae kry wanneer hulle aangejaag word.

Helaas is dit nie al nie. Wanneer daar beurtkrag is, word die watertoevoer ook afgesny. Daar ontstaan lug in die pype en wanneer jy niks vermoedend ’n kraan oopdraai, is dit ’n groot klomp lug wat deurkom. Daardie lug het egter deur jou meter gegaan.

Ek het meterlesings geneem en gevind dat ek minstens 21 liter lug kry elke keer wanneer ek weer die kraan oopdraai ná ’n wateronderbreking.

As die krag en die water dus gemiddeld twee keer per dag afgesny word, beteken dit dat ek daagliks 42 liter lug kry teen die prys van water. Dit is dan 1 260 liter lug per maand en ek word daarvoor gehef teen water se prys.

Die vraag is nou: Wat doen ons daaraan? Hoeveel huishoudings doen hierdie soort “skenkings” aan die munisipaliteit? Watter bedrag kry hulle dus ekstra vir nog iets waarvoor ons betaal en nie kry nie?

Ek vra maar net.

Related Articles

Back to top button