Letters

Brief: AfriForum-buurtwagte hou suksesvolle nasionale massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte lê daarom klem op verhoogde sigbaarheidsprojekte in hul onderskeie gebiede.

Llewellynn Hemmens, hoof van gemeenskapveiligheid, AfriForum, noordelikse streek, skryf:

AfriForum se buurtwagte in die noordstreek van Gauteng, Limpopo en Mpumalanga het op 14 en 15 Oktober aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Die nasionale massapatrollie vind deur die loop van die jaar verskeie kere plaas. Dit is om proaktief teen misdaad in ons land op te tree en sigbaarheid op te skerp.

Altesame 470 van AfriForum se buurtwaglede in die noordstreek het deelgeneem, waartydens 26 gebeurlikheidsplanne ingeoefen is en 111 insidente aangemeld is.
Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp.

Die AfriForum-buurtwagte lê daarom klem op verhoogde sigbaarheidsprojekte in hul onderskeie gebiede. AfriForum se veiligheidspan wil graag die plaaslike polisie, die gemeenskappolisiëringsforum, verskeie sekuriteitsmaatskappye en AfriForum se noordstreek bedank vir die uitstekende samewerking en goeie koördinering tydens dié massapatrollie.

Dit is belangrik dat ons die boodskap aan misdadigers oordra dat ons nie misdaad in ons woonbuurte sal duld nie

Hoë sigbaarheid, samewerking tussen verskillende rolspelers en inoefening van gebeurlikheidsplanne boesem hoop in ’n gemeenskap in. En ’n gemeenskap wat hoop het, is ’n sterk gemeenskap.

Related Articles

Back to top button