Letters

Brief: Laat dit reën

Mag die reën ons siele binnekort seën want, ons het dit bitter nodig.

Chantel Verster Rodi, via e-pos, skryf:

Dis warm en droog — die veld smeek vir reën.

Daar’s al drie dae lank wolke in die lug, maar die reën kom nie.

Selfs al stort die reën in strome neer, sal daar steeds ’n waterskaarste wees. Dis nie die natuur se skuld nie — die damme is vol. Dis gebreekte pype, stukkende pompe en verskonings wat niemand meer glo nie.

Dis almal anders se skuld en niemand se skuld nie. Dis gewetenlose gulsiges wat nie omgee of ’n hele nasie waterloos in die donker sit nie.

Maar Paul Kruger het klaar verjaar so dis tyd vir die reën om te kom. Reën wat lafenis bring en ons siele voed met die wete dat God, Emmanuel, nog hier is. En wanneer dit kom, sal jy jou kop optel en die druppels soos trane, teen jou wange voel?

Mag die reën ons siele binnekort seën want, ons het dit bitter nodig.

Related Articles

Back to top button