Letters

Brief: Finansiële vooruitsigte vir Suid-Afrikaanse boere kommerwekkend

"Dit gaan oor vraag en aanbod – daar is geweldige hoë vraag na diesel en wêreldwyd sit ons met energie-krisis."

Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder, skryf:

Met die soveelste groot dieselprys verhoging om die draai, raak voedselsekerheid problematies met die hoë dieselprys wat hoë insetkostes tot gevolg het en daarmee saam hoë voedselpryse.

Met die mees onlangse verhoging in die dieselprys betaal verbruikers reeds meer as R8 as wat die prys verlede jaar die tyd was. En dit is nog voor die verhoging van meer as R1 wat verwag word in November. Die nuwe plantseisoen het onlangs aangebreek en die reeds uitermate hoë insetkostes waarmee boere te doen, is nou nog hoër.

“Selfs met die 10 en 15c per liter verhogings en in perspektief gesien was die dieselprys reeds ’n reuse-uitdaging vir boere,” sê mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder.

“Dit gaan oor vraag en aanbod – daar is geweldige hoë vraag na diesel en wêreldwyd sit ons met energie-krisis. Die Europese winter het pas begin en daar is reeds groot te kort aan gas.”

Boere se insetkostes sluit in onder andere saad, kunsmis, kalk, brandstof, onkruid- en plaagdoder, versekering, prysverskansing, elektrisiteit en instandhoudingskostes.

Die verhoging van die brandstofprys moet in konteks geplaas word.

“Dit het direk ’n invloed op verskeie faktore en so verhoog die kostes van byna elke item in die ketting van noodsaaklike oorlewings hulpmiddels. Die kostes verhoog ook dan vir die landbouer en gesien in die huidige pryse wat die boer op die mark kry, is dit ’n uiters ernstige saak aangesien daar boere is wat produkte tans weggooi aangesien dit ekonomies nie bemarkbaar is nie weens die swak pryse wat natuurlik veroorsaak word deur die swak kopersmark wat finansieel sy geld moet gebruik vir slegs noodsaaklikhede aangesien daar nie finansiële vermoëns is om elke dag ’n gesonde bord kos te kan bekostig nie,” verduidelik mev. Erika Helm, TLU SA Plaaslike Regering.

Hierdie rimpeleffek gaan nie nou duidelik sigbaar wees nie, maar daar moet in ag geneem word dat indien die boer nie wins maak nie, hy met die volgende aanplantings nie dieselfde as die huidige jaar kan onderneem nie, weens ’n tekort in finansies. Die banke is huiwerig om lenings te voorsien aangesien die onteieningsaksies onsekerheid veroorsaak.

“Dit beteken in werklikheid dat daar die vooruitsig is dat daar in toekomstige aanplantings ernstige afname sal wees wat ’n voedseltekort gaan veroorsaak.”

Related Articles

Back to top button