Letters

Brief: Dié dokter het ’n verskil gemaak

Daardie seuntjie het vandag twee meestersgrade, is gelukkig getroud en het ’n goeie werk.

Dankbare ma, Bela-Bela skryf:

Ek lees in Die Pos van Vrydag 30 September dat dr. Engela Young ’n terapiesentrum op die Nyl Zijn Oog-pad oopgemaak het.

Bykans 30 jaar gelede het ons ’n baie ongelukkige en gefrustreerde seuntjie in ons huis gehad. Toe hy vir die hoeveelste keer op sy skoolsak spring en skree “Ek haat skool”, het ek geweet ons moet ’n plan maak. Ek het van Engela Young gehoor en gelukkig kon sy vir hom plek in haar besige praktyk maak.

Ons het ’n jaar lank weekliks na haar toe gery en ons moes ook allerhande tuisoefeninge doen.

Daardie seuntjie het vandag twee meestersgrade, is gelukkig getroud en het ’n goeie werk. Dankie, dr. Young!

Related Articles

Back to top button