Letters

Brief: Petisie teen oprigting van selfoontoring in Modimolle

Inwoners het ’n aksiegroep gestig om die aansoek teë te staan weens die moontlike gesondheidsgevare wat dit mag inhou.

Bekommerde inwoners van Wyk 12, Modimolle, skryf:

Die regskennisgewing oor die oprigting van ’n selfoontoring en basisstasie in Wyk 12 (Die Pos-uitgawe van 9 September) het talle inwoners warm onder die kraag.

Inwoners van die omliggende strate, Buffalo-, Olienhout-, Gemsbok-, Springbok-, Duiker-, Klipspringer-, Giraffe- en Boekenhoutstraat word direk hierdeur geraak, maar ons is nooit in hierdie saak geken nie

Volgens die kennisgewing sal die toring op die Koinonia-kerk se perseel opgerig word. Enige besware moet voor Vrydag 30 September aan die betrokke maatskappy gestuur word.

Inwoners het nou ’n aksiegroep gestig om die aansoek teë te staan weens die moontlike gesondheidsgevare wat dit mag inhou.

Volgens kenners wat na die spesifikasies van die beplande toring gekyk het, kan die uitstralings ’n radius van minstens 800 m bereik.

Inwoners se pogings om die omgewingsimpakstudie te bekom, was ook tot dusver onsuksesvol.

Die aksiegroep vra dat inwoners betrokke sal raak en die petisielyste wat binnekort aan inwoners van veral Buffalo- en Olienhoutstraat versprei sal word, sal onderteken.

Skakel gerus tel. 072 233 7930 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button