Letters

Brief: Dit is ’n stap in die regte rigting

Tot onlangs het die komitee net in naam bestaan, maar nou is hulle doelgerig om raadslede en amptenare aanspreeklik te hou vir enige onbehoorlike gedrag insluitend korrupsie en die wanbesteding van belastinggeld.

Neels Pretorius, VF Plus-raadslid: Modimolle/Mookgophong-munisipaliteit, skryf:

Die onlangse herlewing van die reëls- en etiekkomitee in die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit (Modimolle, Alma, Vaalwater, Mookgophong en Roedtan) is ’n stap in die regte rigting.

Die komitee bestaan reeds baie jare, maar het nog nooit behoorlik gefunksioneer nie.

Die komitee het op Woensdag 7 September ’n vergadering gehou onder voorsitterskap van Phaswana Manaka en daar was vir die eerste keer vanjaar ’n kworum. Die vorige vergadering wat in Februarie 2022 plaasgevind het, kon nie voortgaan nie omdat daar net drie raadslede opgedaag het.

Vir die eerste keer is die behoorlike prosedures en besprekings ook gevolg.

Tot onlangs het die komitee net in naam bestaan, maar nou is hulle doelgerig om raadslede en amptenare aanspreeklik te hou vir enige onbehoorlike gedrag insluitend korrupsie en die wanbesteding van belastinggeld.

Die komitee is onder meer verantwoordelik daarvoor om munisipale programme in plek te stel en te bevorder, die etiese gedrag van amptenary en raadslede te bevorder en om enige onbehoorlike of korrupte sake en klagtes te ondersoek.

Die VF Plus is verheug om te sien dat daar werklik belangstelling is om deel te neem in die stryd teen korrupsie, vermorsing van geld en swak dienslewering in Modimolle en Mookgophong.

Die komitee se volgende vergadering is geskeduleer vir Woensdag 14 September en die VF Plus sien daarna uit om die ontwikkelinge te moniteer en aktief deel te neem.

Related Articles

Back to top button