Letters

Brief: Verbod op vervoer moet sterker afgedwing word

Ofskoon die verbod groot implikasies het, is dit volgens die departement van landbou noodsaaklik om die toenemende verspreiding van bek-en-klouseer te stop.

TLU SA skryf:

Aan die hand van die nasionale verbod op die vervoer van vee — spesifiek beeste — wat nie oral toegepas word nie, maak TLU SA die voorstel dat boere wat sien hoe beeste vervoer word sonder die ingryping van die polisie, om dadelik ’n saak teen die betrokke partye (wat die polisie insluit) te maak indien hulle die wet oortree.

Die verbod wat die vervoer van vee verbied het op Donderdag 18 Augustus ingetree.

Die nasionale verbod is in die staatskoerant gepubliseer.

Ofskoon die verbod groot implikasies het, is dit volgens die departement van landbou noodsaaklik om die toenemende verspreiding van bek-en-klouseer te stop.

Herman de Wet, TLU SA se KwaZulu-Natal-streekvoorsitter, het opgemerk dat beeste in KwaZulu-Natal nog vrylik vervoer word sonder enige ingryping.

“Ek het reeds meer as een vergadering met die polisie hier gehad en was geskok toe ek uitvind dat daar polisielede is wat nie weet van die verbod op die vervoer van beeste nie. Dit is eenvoudig onaanvaarbaar. Hoe kan die polisielede nie weet van die verbod nie? Vir my kom dit neer op dwarsboming van die gereg.”

Kwazulu-Natal het tans 78 gevalle van bek-en-klouseer en die mees onlangse geval is einde Augustus aangemeld. Die Vrystaat en Gauteng het ook op dié datum meer gevalle aangemeld. Daar is tans in totaal 127 gevalle landwyd.

Hier is hoe ek dit sien: Elke staatsamptenaar kry ’n salaris aan die einde van die maand. Vee-eienaars sal nie aan die einde van die maand ’n salaris kry nie, want hulle kan nie beeste verkoop nie.

Daar is geen veilings nie, so daar kan geen algemene handel plaasvind nie. Werkerslone sal nie betaal kan word nie en dit beteken kos op die tafel is op die spel vir sommige boere. Meer as 200 000 opkomende boere sal geen inkomste kry nie.”

Related Articles

Back to top button