Letters

Brief: Roedtan-inwoners stel die voorbeeld

Dankie aan Die Pos vir die mooi berig oor die onlangse toer na Bloedrivier.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Die Springbokvlakte Geloftekomitee van Roedtan se onlangse toer na Bloedrivier en ander geskiedkundige plekke het my diep geraak.

Dankie aan Die Pos vir die mooi berig in die uitgawe van Vrydag 19 Augustus daaroor.

Nou wonder ek of daar nie ’n soortegelyke toer in die Waterberg gereël kan word nie, want daar het besondere voorvalle in die geskiedenis tussen Warmbad (Bela-Bela), Nylstroom (Modimolle), Naboomspruit (Mookgophong) en Potgietersrus (Mokopane) afgespeel.

Daar is heel party kenners in Modimolle en Bela-Bela wat deskundiges op hierdie gebied is en graag hul kennis met inwoners sal deel.

Laat hoor gerus jul mening oor so ’n geskiedkundige Waterberg-toer.

Related Articles

Back to top button