Letters

Brief: Sterk optrede nodig om vroue en kinders te beskerm

Die emosionele letsels wat agtergelaat word, is in baie gevalle groter as ’n liggaamlike besering.

Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus (VF Plus), lid van provinsiale wetgewer, Gauteng, skryf:

Die VF Plus in Gauteng sal nie langer stilbly oor die geweld teenoor vroue en kinders nie.

Dit is daarom nodig om te weet waarom sake van gesinsgeweld sloer, skuldiges vrygespreek word en daar min of geen hulp vir slagoffers is nie.

Die VF Plus het tydens ’n Vrouedag-ontbytgeleentheid wat die speaker van die Gautengse wetgewer, Ntombi Mekgwe, aangebied het, gesê dit is uiters moeilik vir vroue om trauma te verwerk wanneer hulpmiddels en ’n ondersteuningsnetwerk ontbreek.

Die emosionele letsels wat agtergelaat word, is in baie gevalle groter as ’n liggaamlike besering.

Gebroke vroue het soveel meer nodig in ’n stukkende wêreld waar ondersteuningstelsels ontbreek.

Die regering moet opstaan en luister na die hulproep van vroue.

Die VF Plus moedig organisasies aan om na vore te tree om mishandelde vroue by te staan. Die huidige generasie moet ook onderrig word in die voorkoming van geweld teenoor vroue en kinders.

Die vrou se stem moet gehoor word. Indien nie, het Vrouemaand, wat so ywerig gevier word, geen doel nie.

Related Articles

Back to top button