LettersOpinion

Brief: Grondeiseplatform nou bekend

Die hernude aandag wat grondeise kry sedert die onteieningsmosie in die parlement gesneuwel het wys alles op nuwe petrol op die grondeise-vuur.

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Southern African Agri Initiative (Saai), skryf:

Die ANC se beleidskonferensie is om die draai en die spanning loop selfs nog hoër as toe hulle in 2017 onteiening sonder vergoeding in die Grondwet wou inskryf.

Radikale grondhervorming is altyd die joker in die pak kaarte wat uitgeruk word wanneer politici kort voor ’n verkiesing met ’n swak hand betrap word en daardie voorspelling is weer op die kaarte. Die hernude aandag wat grondeise kry sedert die onteieningsmosie in die parlement gesneuwel het, Landbank se optrede teen sy krediteure en die populistiese toesprake van ANC-leiers voor landelike gehore wys alles op nuwe petrol op die grondeise-vuur.

Saai het op Donderdag 28 Julie ’n nuwe grondeiseplatform bekend gestel wat enige gebruiker die vermoë gee om deur ’n aanlyn platform te bepaal of daar ’n grondeis op ’n betrokke stuk grond geregistreer is in die staatskoerant.

Saai sal ook terugvoer gee oor hul minagtingsaansoek teen minister Thoko Didiza wat handel oor haar departement se versuim om grondeise-inligting aan Saai beskikbaar te stel — iets wat haar departement sedert 1998 nog nie in die openbare domein wou plaas nie. Daar heers ’n sterk vermoede dat die departement nie in besit is van ’n lys van grondeise nie en op ’n lukrake basis voortbeur waar hulle vinnige politieke punte of finansiële gewin kan inpalm.

Saai het ook omvattende navorsing gedoen deur alle staatskoerante, parlementêre debatte en -antwoorde, jaarverslae en uitsprake van opeenvolgende ministers te fynkam en ’n eie databasis daaruit saamgestel.

Related Articles

Back to top button