LettersOpinion

Brief: Polisieminister se gedrag is ʼn skande

Dit is tekenend daarvan dat Cele beheer verloor oor homself, die polisie en die bestryding van misdaad.

Dr. Pieter Groenewald, Vryheidsfront-Plus (VF-Plus) -leier, skryf:

Die wyse waarop die minister van polisie, Bheki Cele, gereageer het nadat Ian Cameron van die organisasie Action Society tydens ’n gemeenskapsvergadering vrae oor misdaad aan hom gestel het, is onaanvaarbaar en skandalig.

Dit is tekenend daarvan dat Cele beheer verloor oor homself, die polisie en die bestryding van misdaad.

Ongeag van die feit of daar moeilike of ongemaklike vrae gestel word, moet veral ’n minister van polisie gedissiplineerd kan optree om juis ’n voorbeeld te stel oor hoe daar in sekere situasies opgetree moet word.

Cele is nie net aan die mense van Guguletu en Cameron ’n verskoning verskuldig nie, maar ook aan die mense van Suid-Afrika.

Die VF-Plus sal hierdie saak by die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie laat bespreek.

Hierdie gedrag van ’n minister wat beheer verloor voor ’n gemeenskap waar misdaad ernstig aangespreek moet word, kan nie geduld word nie.

Related Articles

Back to top button