LettersOpinion

Brief: Jong rugbyster se visum is reg, maar nou kort vliegkaartjie nog

Hoe is dit moontlik dat ’n universiteit aan die ander kant van die wêreld sy potensiaal sien, maar tuis, op eie bodem, is daar nie hulp nie?

Jan en Marietjie Sypkens, Wes-Kaap, skryf: 

’n Hele aantal dekades gelede het Hoërskool Nylstroom vier lede van die Sparrius/Sypkens-familie geslyp vir die lewe daar buite.

Twee is ongelukkig reeds oorlede en die ander twee in die buiteland, maar die manne daar ver bly steeds op hoogte met nuus uit die kontrei deur Die Pos weekliks aanlyn te lees. Ná 20 jaar in die buiteland hou hulle nog tred met Hoërskool Nylstroom en gebeure in die Waterberg.

Die Pos het onlangs berig oor die wonderatleet, Willy Mabena, wat op die drumpel is om Modimolle op die wêreldkaart te plaas, maar o wee,  dié “profeet” word nie vanuit sy alma mater ondersteun nie.

Ons kon sy visum betaal, maar wat beteken ’n beurs vir drie jaar se studie aan ’n universiteit in Iowa, Amerika, as hy nie die vliegkaartjie einde Junie kan betaal nie?

Hoe is dit moontlik dat ’n universiteit aan die ander kant van die wêreld sy potensiaal sien, maar tuis, op eie bodem, is daar nie hulp nie?

Ek pleit by inwoners om hierdie jong man te help. Al waarvoor hy werk en streef, is oorwinning by die volgende Olimpiese Spele.

Kontak die skool en maak asseblief ’n bydrae — hoe gering ook al. Elke skenking sal dié begaafde atleet help en die moraal van ons geliefde dorp en omgewing sal hoogty vier.

Related Articles

Back to top button