LettersOpinion

Brief: Hartseer oor dooie kat in pad

Ek is ’n diereliefhebber by uitstek en dit het my ontsettend ontstel.

Marina du Plessis, Bela-Bela, skryf:

Ek het die afgelope week toe ek gaan stap het, die ontstellende voorreg gehad om op ’n pragtige swart-en-witlanghaarkat, wat op die hoek van Kretschmarlaan en Ludorfstraat doodgery is, se lykie af te kom.

Ek is ’n diereliefhebber by uitstek en dit het my ontsettend ontstel.

Die persoon wat die kat raakgery het, kon nog nie ver gewees het nie, want die kat was nog warm toe ek hom opgetel en op die sypaadjie neergesit het. Die persoon het egter nie eens die moeite gedoen om stil te hou en net die oorskot uit die pad te verwyder nie; wat nog te sê om iemand te troos wie se geliefde troeteldier dit was.

Ek rig hierdie skrywe om hulp te soek in die dorp. Wie kontak ’n mens om die oorskot van diere te verwyder? Die munisipaliteit se voertuie ry verby dooie diere in die straat. Die lykies ontbind langs die strate en dit hou ’n gesondheidsgevaar in. Die dierekliniek is bereid om dié diere te begrawe, maar teen ’n koste en die weldoener moet dan die dier na hulle toe neem.

By navrae is daar aan my gesê ek moet die dierebeskermingsvereniging (DBV) van so iets in kennis stel. So ver ek weet is daar nie ’n tak van die DBV in Bela-Bela nie. As iemand ’n antwoord het, is ek seker die diereliefhebbers sal bly wees om daarvan te hoor.

Hoe kan ons die jaagduiwels van Bela-Bela stuit? Wanneer is dit ’n kind wat raakgery word?

Related Articles

Back to top button