LettersOpinion

Brief: Maak só seker dat wiskunde nie die matrikulante boelie nie

Die klasse, wat gratis aangebied word, sal matrikulante help met die mees komplekse wiskunde-konsepte.

Marlien Van der Westhuizen, navorser, Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, skryf:

Die 2022-matriekgroep het die afgelope twee jaar ontsettend baie klastyd verloor en daarom het Solidariteit Skoleonder-steuningsentrum (SOS) se wiskunde-afdeling by Die Wolkskool besluit om die volgende agt weke regstreekse aanlynklasse aan te bied.

Die klasse, wat gratis aangebied word, sal matrikulante help met die mees komplekse wiskunde-konsepte.

Volgens Lampies Lotter, SOS-wiskundedosent by Die Wolkskool, sal die klasse vanaf 21 April tot 9 Junie 2022 elke Donderdag regstreeks deur Zoom uitgesaai word.

“Matrikulante en gr. 11-leerders is welkom om in te skakel en deel te neem aan die klasse. Indien matrikulante enige vrae het wat nie tydens die sessie behandel is nie, kan hulle my gerus kontak en terugvoer ontvang,” het Lotter gesê. “Ons wil verseker dat elke matrikulant die belangrikste wiskunde-konsepte voor die Junie-eksamen onder die knie kry.”

Wiskunde-klasse sal elke Donderdag van 21 April tot 9 Junie 2022 regstreeks om 16:30 uitgesaai word. Hier is die lys van onderwerpe:

Om in te skakel op die klasse registreer op: https://form.jotform.com/221012849886058(.)

Die Wolkskool, ’n inisiatief van Solidariteit Skoleondersteuning (SOS), beplan vanaf Maandag 27 Junie tot Vrydag 1 Julie ’n slypskool in Pretoria in wiskunde, tegniese wiskunde en wiskundige geletterdheid, asook ʼn aanlynslypskool in vakke soos lewenswetenskap, fisiese wetenskap, Afrikaans Huistaal, Engels (EAT) en rekeningkunde.

Related Articles

Back to top button