LettersOpinion

Brief: Kom terug oor ses weke (of nee, maak dit eerder ses maande)

Wie kan ingryp om die lisensiekantoor reg te ruk?

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Ek het in Februarie vanjaar vir twee dae by die Modimolle-voertuiglisensiekantoor tougestaan om my rybewys te hernu.

Die beampte het my verseker dat die nuwe rybewys ná ses weke gereed sal wees.

Ek is ongeveer agt weke later, op Woensdag 13 April, terug om my rybewys af te haal, maar is verwys na kantoor drie.

Dit is daar waar ek met skok en verbasing die tientalle stapels aansoeke op die amptenaar se lessenaar, bo-op liasseerkabinette en selfs op die kantoorvloer, gesien het.

Die betrokke amptenaar het na my aansoek begin soek in ’n stapel deurmekaar dokumente wat duidelik nie eens in alfabetiese volgorde was nie.

Op my vraag wanneer my aansoek wel gereed sal wees, is ek meegedeel dat die “masjien gebreek het” (ek is nie seker na watter masjien daar verwys is nie) en dat ek liefs oor ses maande moet terugkeer.

Wie kan ingryp om die lisensiekantoor reg te ruk?

Related Articles

Back to top button