LettersOpinion

Brief: ‘Ons het nou genoeg gehad’

Hoekom moet belastingbetalers deurgaans opdok terwyl wanbetalers bloot net wag totdat hul jarelange skuld afgeskryf word?

Gawie Richter, Bosveldsig, Modimolle, skryf:

Baie dankie aan Die Pos vir die ondersoekende joernalistiek en volledige verslaggewing oor die benarde finansiële posisie van die plaaslike munisipaliteit (berig in die uitgawe van Vrydag 4 Maart).

Dit was soos jêm op ’n stuk droë brood. Bravo!

Ons wil ook vir Marlene van Staden, burgemeester, bedank omdat sy nou haar staal wys om daadwerklike stappe teen wanbetalers te neem.

Sulke stappe moes reeds die afgelope 25 jaar toegepas gewees het, maar weens politieke magspel en die “koop van stemme” met sogenaamde gratis dienste, huise, onderwys en dies mees is die koffers nou leeg.

Hoekom moet belastingbetalers deurgaans opdok terwyl wanbetalers bloot net wag totdat hul jarelange skuld afgeskryf word?

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button