LettersOpinion

Brief: Oppas vir booswigte langs die N1

Motorryers moet uiters versigtig wees, veral op plekke waar daar digte bosse of lang gras langs die deurpaaie groei.

Gawie Richter, Bosveldsig, skryf:

My skoonseun het op Vrydag 25 Februarie ’n noue ontkoming gehad toe booswigte wat langs die N1-snelweg geskuil het, ’n yslike klip na sy motor geslinger het.

Die klip het die voorruit getref wat noodlottige gevolge sou gehad het as daar ’n passasier saam met hom in die motor was.

Die voorval het omstreeks 14:00 sowat 3 km vanaf die Kranskop-tolhek gebeur. Motorryers moet uiters versigtig wees, veral op plekke waar daar digte bosse of lang gras langs die deurpaaie groei, want dit is daar waar booswigte skuil.

Volgens die plaaslike owerhede vind daar gereeld soortgelyke voorvalle op die N1-snelweg tussen die Kranskop-tolhek en Hammanskraal plaas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button