LettersOpinion

Brief: Skenk bloed en red ’n lewe

Elke eenheid bloed kan tot drie lewens red.

Ds. Theuns Kriek, Bela-Bela, skryf:

Ek was die afgelope 25 jaar die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloedoortappingsdiens se kontakpersoon in Bela-Bela, maar sal hierdie verantwoordelikheid aan iemand anders moet oordra omdat ons binnekort Pretoria toe verhuis.

Ek wil egter ’n laaste oproep op die gemeenskap doen om bloed te skenk. Elke eenheid bloed kan tot drie lewens red.

Bloed word benodig vir onder meer chirurgiese prosedures, prematuurbabas, slagoffers van motorongelukke en kankerpasiënte.

Ons het in 2016 ’n rekordaantal skenkers in Bela-Bela gehad. Daar is op daardie stadium 756 eenhede bloed geskenk.

Die getalle het afgeneem totdat ons in 2018 slegs 469 eenhede bloed en skenkers gehad het.

Ons is dankbaar om te sê dat die aantal skenkers daarna stelselmatig weer begin toeneem het.

Die bloeddiens het gewoonlik die laaste Donderdag van die maand ’n kliniek by die kerksaal van die NG-gemeente Warmbad-Wes en hierdie maand vind dit op Donderdag 24 Februarie plaas.

Kom skenk bloed en red drie lewens — dit kos jou niks nie, maar is vir die ontvanger sy of haar lewe werd.

Related Articles

Back to top button