LettersOpinion

Brief: Saai verwelkom die skrap van koeponne vir bestaansboere

Saai het deurlopend op grond van klagtes van bestaansboere regoor die land gewaarsku dat dié stelsel deur politiesgebaseerde kaders gekaap is en dat dit met korrupsie deurtrek is en nie die uitkomste het wat dit vir die belastingbetaler ’n aanvaarbare belegging maak nie.

Dr. Theo de Jager, Saai-direksievoorsitter, skryf:

Saai verwelkom die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se besluit om weg te doen met die presidensiële werkskeppingstimulus (PWS)-hulppakkette wat in die vorm van koeponne geïmplementeer is.

Saai het deurlopend op grond van klagtes van bestaansboere regoor die land gewaarsku dat dié stelsel deur politiesgebaseerde kaders gekaap is en dat dit met korrupsie deurtrek is en nie die uitkomste het wat dit vir die belastingbetaler ’n aanvaarbare belegging maak nie.

Die PWS was ’n program wat die departement van stapel gestuur het om kleinskaalboere met koeponne vir landbou-insette soos saad, kunsmis, landbouchemikalieë en diesel, in staat te stel om ’n boerdery-inkomste te genereer en ’n lewensbestaan vir hul gesinne te skep.

Saai glo die rede waarom die program so klaaglik misluk het, moet in die verwronge beleidsuitgangspunte van die ANC gesoek word.

Pleks daarvan om die koeponne by erkende en gevestigde landbouondernemings in te ruil, is ras en partylojaliteit as kriteria gebruik om ’n klas van middelmanne te skep wat wins én kommissie uit die koeponne verdien het.

Die departement erken dat vyf tot 37% van die ontwikkelingshulp in die sakke van daardie middelmanne beland het. Sommige boere het nooit aan die gang gekom nie omdat die lang verwagte koeponne nooit by hulle uitgekom het nie.

Slegs sowat 55 000 van twee miljoen bestaansboere het enige mate van voordeel getrek. By sommige middelmanne was die kommissie só hoog dat boere nie genoeg insette kon koop om hul oeste deur te sien nie. S

aai beoog om deur middel van die howe en deur opposisiepartye in die parlement meer inligting te bekom oor presies hoeveel geld in die program vermors is en hoeveel sukses gewys kan word.

Bedrog en staatskaping in landbou is nie net ’n ernstige bedreiging vir voedselsekerheid nie, maar hou ’n hele geslag kleiner familieboere arm, onwinsgewend en nie-kompeterend.

Sonder ’n radikale omvorming van die departement en die beleid van kaderontplooiing is geen oplossing moontlik nie. (Brief verkort. — Red.)

Related Articles

Back to top button