LettersOpinion

Brief: Tyd van sprokies hier om te bly

Die wonder van sprokies bestaan wel nog.

Liefdevolle mamma, Bela-Bela, skryf:

Sedert my egskeiding agt jaar gelede het ek geglo sprokies bestaan nie meer nie en dat ware liefde “vir die voëls” is, maar hier op ’n lenteoggend in 2021 het die Here my verkeerd bewys.

Ek is ’n liefdevolle enkelma wat haar toespits op haar kosbare aangenome kind, maar ek weet daar skort iets. Sy mis ’n pa in haar lewe. Die Here het egter in Sy wysheid besluit dat ’n “pa” eers tien jaar later sy verskyning in haar lewe sou maak.

Sonder enige voorbehoud of verwyt het sy haar hart vir hom oopgemaak — die wonder van vergifnis. Die eerste wonderwerk.

Soos wat die tyd aangestap het, het die pappa egter nie net sy dogter se hart gesteel nie, maar ook dié van haar pleegma!

Daar is egter baie slaggate en komplikasies in die kinderwet rondom pleegsorg en biologiese ouers.

Die tweede wonderwerk het gebeur toe die welsyn toestemming gegee het dat die ouers wel hul verhouding kan uitbou en kyk of dit lewensvatbaar is.

Dit sal werklik ’n wen-wen-situasie vir al die betrokke partye wees as die liefde blom. En nou is die vraag gevra en sy het “ja” gesê.

Die wonder van sprokies bestaan wel nog. Mag die lesers van Die Pos ook hierdie jaar ryklik geseën word.

Related Articles

Back to top button