LettersOpinion

Brief: 600 dae van inperkingsvoosheid

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), het op Maandag 15 November 2021 weer die ramptoestand verleng, ondanks rekordlaagtepunte in huidige Covid-19-sterftes.

Michael Morris, mediahoof, South African Institute of Race Relations (IRR), skryf:

Suid-Afrika se grendelstaat is op 27 Maart 2020 afgekondig. Dit is as ’n opskorting van drie weke van die liberale norm voorgehou sodat openbare gesondheidsdienste vir die Covid-19-pandemie kon “voorberei”.

Sedertdien het 600 dae van verskillende inperkingsvlakke gekom en gegaan.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), het op Maandag 15 November 2021 weer die ramptoestand verleng, ondanks rekordlaagtepunte in huidige Covid-19-sterftes. Hierdie uitbreiding is ongrondwetlik en waarskynlik bedrieglik opgestel.

Soos die IRR in ’n brief aan die president opgemerk het, is wat ’n “ramptoestand” genoem word in werklikheid ’n “noodtoestand”. Deur dit ’n ander naam te gee, kan die nasionale koronavirusbevelsraad artikel 37 van die Grondwet ignoreer.

Ingevolge hierdie artikel “kan ’n noodtoestand slegs ingevolge ’n parlementswet afgekondig word”. Geen parlementêre goedkeuring is vir die jongste verlenging gegee nie.

Die IRR se prokureurs eis om te weet op grond waarvan die “ramptoestand” verleng is. Hierdie eis is ook aan die Cogta-minister gerig.

  • Op grond van watter advies, verslae, bewyse of oorwegings is die nasionale ramptoestand op 15 Maandag November 2021 verleng?
  • Watter redes onderlê die besluit om die nasionale ramptoestand te verleng?
  • Is enige alternatiewe maatreëls oorweeg om die verspreiding van Covid-19 te bekamp voordat daar besluit is om die nasionale ramptoestand te verleng? Is daar enige minder beperkende maniere vir die bekamping van Covid-19 oorweeg?
  • Is die voortgesette nadelige ekonomiese gevolge wat met die nasionale ramptoestand gepaardgaan in ag geneem tydens die huidige en vorige verlengings van die ramptoestand?
  • Is daar in ag geneem dat, ondanks die feit dat Suid-Afrika landswye plaaslike verkiesings gehou het, geen styging in Covid-19-gevalle tans ervaar word nie?
  • Is enige internasionale voorbeelde ondersoek en gevolg in die besluit om die nasionale ramptoestand te verleng? Suid-Afrikaners verdien antwoorde op hierdie en ander vrae en om te weet waarom Suid-Afrika in grendelstaat bly.

Related Articles

Back to top button