LettersOpinion

Brief: Sat vir soebat

Ons het vroeër vanjaar drie weke lank gesoebat dat die munisipaliteit ’n verstopte rioolpyp moet herstel, maar tevergeefs.

Thys Els, sakeman en jarelange inwoner, Modimolle, skryf:

Ek is moeg om te betaal vir munisipale dienste wat ek nie ontvang nie. Dit terwyl korrupsie, plundery en diefstal helderoordag voortgaan.

My munisipale rekening vir Oktober is hemelhoog.

Volgens die munisipaliteit is dit weens ’n sogenaamde fout wat sedert 2019 gemaak is met die berekening van eiendomsbelasting en korting. Dit is gekrediteer en die nuwe rekening wys nou dat ’n bykomende bedrag van R3500 verskuldig is.

Ons het vroeër vanjaar drie weke lank gesoebat dat die munisipaliteit ’n verstopte rioolpyp moet herstel, maar tevergeefs. Ons moes dit self laat herstel.

My sakeonderneming in die nywerheidsgebied betaal maandeliks vir vullisverwydering, maar die munisipaliteit het dit nog nooit verwyder nie. Ons moet dit self verwyder.

Sommige paaie in die nywerheidsgebied is steeds onbegaanbaar. Ons moet dit self herstel.

Genoeg is genoeg. Waarom is daar net leë beloftes aan belastingbetalers?

Related Articles

Back to top button