LettersOpinion

Brief: Pragtige amarillas is uitheems

Hippeastrums are from Central and South America with 90 species and over 600 cultivars in the genus.

Leonora Visagie, Negester, Bela-Bela, skryf:

Ek wil graag eerstens sê dat ek nie ’n plantkundige is nie, maar iemand wat ’n groot belangstelling in inheemse plantegroei het.

In die berig op die pragtige voorblad van Vrydag 15 Oktober word geskryf dat die amarillas waarmee dr. Piet Prinsloo en sy vrou, Lydia, boer, ’n inheemse plant is. Dit is egter nie so nie.

As ek dit reg het, noem ons hierdie plante wel amarillas, maar dit is eintlik Hippeastrum.

Google beskryf die plante as volg: “Confused? To put it simply, the true Amaryllis is a bulb from South Africa with only one species in the genus (Amaryllis belladonna). By contrast, Hippeastrums are from Central and South America with 90 species and over 600 cultivars in the genus.”

Die plante op die voorbladfoto is dus nie inheems nie, maar van Suid-Amerika afkomstig. Clivias, oftewel boslelies, is wel inheems.

Terloops, ’n wonderlike boek met die naam “Wildflowers of the Waterberg” is vandeesmaand gepubliseer.

Daar is sewe outeurs waarvan minstens drie in Modimolle woon. Hulle is Joseph Heymans en die egpaar Warwick en Michele Tarboton wat in die Kokanje-aftreeoord woon. Warwick Tarboton is ook ’n voëlkenner wat wêreldwyd bekend is. Hy is mede-outeur van “Robert’s Birds of South-Africa.”

Die Pos kan gerus ook vir ons lesers meer oor hierdie boek en sy skrywers vertel.

Related Articles

Back to top button