LettersOpinion

Brief: Bly op hoogte van munisipale sake

Uitgawes wat teenstrydig met wetgewende bepalings aangegaan is, was R30 473 529.

Bosveldse radioluisteraar, Bela-Bela, skryf:

Die onlangse radiogesprek met mededelings rakende prestasies van die die DA in die munisipaliteit van Modimolle/Mookghopong was insiggewend.

Sekerlik is daar besondere prestasies waarop geroem kan word. Die finansiële state vir die boekjaar geëindig op 30 Junie 2020 is egter ’n verhaal op sy eie.

Oorbestedings het R92 805 157 bedra. R2 190 638 was vir die toelaes van raadslede.

Vir diverse inkomste is R21 301 255 begroot, maar die inkomste hiervoor het net R3 805 220 bedra.

Die afleiding is dat die begroting vir die betrokke boekjaar nie gerealiseer het nie en nie op kontant gebaseer is nie. Van die subsidies wat van owerheidsdepartemente ontvang is, is R24 925 059 nie aan die einde van die boekjaar bestee nie.

Ongemagtigde uitgawes wat meestal bestaan uit oorgespandeerde uitgawes het R85 699 787 bedra.

Vrugtelose uitgawes, wat hoofsaaklik bestaan uit rente wat aan Eskom betaal word, het R53 260 446 beloop.

Uitgawes wat teenstrydig met wetgewende bepalings aangegaan is, was R30 473 529.

Raadslede was op 30 Junie 2020 in totaal R292 862 aan die munisipaliteit verskuldig. Die name van daardie raadslede en die bedrag wat elkeen verskuldig is, is in die state gelys.

Die state is ’n openbare dokument en enigeen wat belangstel kan nagaan wie daardie raadslede is.

Die munisipaliteit het gedurende die 2019-boekjaar R70 000 000 van Coghsta ontvang om ’n aantal krediteure te betaal.

Hoewel die bedrag grootliks aangewend is, het die bedrag wat aan die einde van die 2020-boekjaar verskuldig was, met R181 000 000 gestyg.

Sedert die samesmelting van die betrokke munisipaliteite het die krediteure vanaf 30 Junie 2017 tot 30 Junie 2020 met R559 788 910 gestyg om op laasgenoemde datum R667 425 660 te bedra.

Dit sal insiggewend wees om ’n kykie te kry in die finansiële state vir die 2021-boekjaar.

Related Articles

Back to top button