LettersOpinion

Brief: Ek voel skaam oor my dorp

Die dorp se verval is duidelik sigbaar en volgens my vertoon dit agterlik.

Charles Weber, Bela-Bela, skryf:

Ek het my die afgelope week op reis in die Noord- en Suidkus van KwaZulu-Natal bevind. Soos wat ek in die provinsie rondry, is dit opvallend dat die dorpe se voorkoms baie beter is as ons eie Sonskyndorp.

Daar is geen slaggate in die paaie nie, geen rommel te sien, geen munisipale straatligte wat buite werking is en geen bedrading wat gevaar inhou vir verbygangers nie.

Op die oog af lyk dit of sakeondernemings floreer en die infrastruktuur in stand gehou word.

In ons eens mooie Bela-Bela is dit egter ’n ander toedrag van sake. Die dorp se verval is duidelik sigbaar en volgens my vertoon dit agterlik.

Ons kan nog die dorp se beeld verbeter, maar dan sal ons die dorpsbestuur moet verander.

Bela-Bela het kennis en kundigheid nodig om belastinggeld korrek aan te wend. Met wysheid en beplanning kan groot uitdagings te bowe gekom word, maar dan moet die stadsvaders se prioriteite te alle tye reg wees.

Ek hang my kop in skaamte vir die beeld van ons dorp. Ervaar ander Bela-Bela-inwoners dieselfde as ek?

Related Articles

Back to top button