LettersOpinion

Brief: Registrasie van kiesers baie belangrik

Dit is elke stemgeregtigde se burgerlike plig om korrupte en onbevoegde munisipale rade tot verantwoording te bring.

Tokkie Swanepoel, DA-verteenwoordiger, Thabazimbi, skryf:

Dit is elke kieser se verantwoordelikheid om seker te maak dat hy of sy korrek geregistreer is om aan die plaaslike verkiesing op Maandag 1 November deel te neem.

Die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) het onlangs aangekondig dat die 23 151 stemlokale landwyd op Saterdag 18 en Sondag 19 September van 08:00 tot 17:00 oop sal wees vir nuwe kiesers om te registreer en vir bestaande kiesers om hul registrasiebesonderhede na te gaan en, indien nodig, te wysig.

Aangesien kiesers in ’n plaaslike verkiesing slegs in die kiesafdeling waar hulle geregistreer is kan stem, is dit uiters belangrik dat kiesers wat onlangs verhuis het of ’n onvolledige of ontbrekende woonadres met die vorige nasionale verkiesing gebruik het, seker moet maak dat hulle korrek geregistreer is.

Indien kiesers weens die Covid-19-virus skrikkerig is om tydens die registrasienaweek na stemlokale te gaan, is dit selfs makliker om jou registrasiebesonderhede self op die OVK se webtuiste na te gaan en te wysig.

Dit is elke stemgeregtigde se burgerlike plig om korrupte en onbevoegde munisipale rade tot verantwoording te bring.

Maak dus seker dat u registrasiebesonderhede korrek is sodat u op Maandag 1 November ’n kruisie kan trek vir die party wat reeds bewys het dat dit moontlik is om tasbare verbeteringe in u gemeenskap aan te bring.

Kyk maar wie is aan bewind by munisipaliteite wat goed funksioneer.

Related Articles

Back to top button