LettersOpinion

Brief: Ons ore kan dit nie hou nie

Is die bewakers van vrede en veiligheid nie veronderstel om in belang van die publiek op te tree nie?

Marinda Britz, Bela-Bela, skryf:

Geraasbesoedeling is besig om hand uit te ruk.

Mense raas soos hulle wil met musiek tot in die oggendure. Daar is tot op Sondae nie verposing nie.

Wanneer die saak geopper word, trek mense net skouers op en sê daar is nie meer so iets soos rusverstoring nie.

Wel, kom ons kyk na die gevare van rusverstoring:

  • Niemand kan hoor as daar ingebreek word nie.
  • Niemand kan hoor as iemand om hulp roep nie. Dit is hoekom so baie mense by kuierplekke aangeval word.
  • As ’n baba slaap en daar kom skielik ’n harde gedoef van dromme of skreeuende sangers dat die vensters tril in hul rame, word die baba blootgestel aan trauma en ek meen selfs blywende gehoorskade.

Kan ons plaaslike owerhede nie ingevolge ordinansies optree nie? Is die bewakers van vrede en veiligheid nie veronderstel om in belang van die publiek op te tree nie?

Ons as belastingbetalers moet saamstaan en nie meer hierdie geraasbesoedeling duld nie.

Related Articles

Back to top button