LettersOpinion

Brief: Beswaar teen die staking van veilings

Dit is onverstaanbaar waarom veilings in hierdie stadium gestaak moes word.

Henry Geldenhuys, president van TLU SA, skryf:

TLU SA vind dit onaanvaarbaar dat veilings in terme van die aangepaste Vlak 4-maatreëls van die inperking gestaak moes word.

Pres. Cyril Ramaphonsa het in sy jongste toespraak met die nasie beklemtoon dat alle ekonomiese aktiwiteite so ver moontlik moet voortgaan en dat mense wel by hul werkplekke mag aanmeld indien dit nie moontlik is om van die huis af te werk nie.

Dit is dus vir ons onverstaanbaar waarom veilings in hierdie stadium gestaak moes word.

Die regulasies wat hieroor gepubliseer is, verwys net na veilings en dit is nie duidelik of dit na die veilings van vaste eiendom verwys en of dit lewende hawe ook insluit nie.

Veilings is baie belangrik vir die landboubedryf en die verspreiding van voedsel.

Dit is veral die kleiner boere wat hulle in ’n baie moeilike situasie bevind wanneer veilings nie voortgaan nie. Hulle het geen ander maniere om hul lewende hawe te verkoop nie.

Dit is vir ons onaanvaarbaar dat die president, die regeringsdepartemente en die ANC bykans nooit uit dieselfde mond praat nie. Só kan ’n land mos nie funksioneer nie.

Related Articles

Back to top button