LettersOpinion

Brief: Kon owerhede al iets hieraan doen?

Daar word gevra of iemand al aandag geskenk het aan die rioolprobleem in die omgewing van Bospoort, asook die rioolwater langs die ou Pretoriapad.

Vra maar net, Bela-Bela, skryf:

Ek is besig om huis skoon te maak en kom af op ’n uitgawe van Die Pos-koerant van Junie 2020 (presies ’n jaar gelede).

Op die brieweblad vra ’n leser onder die skuilnaam “Belastingbetaler” sekere vrae aan die Bela-Bela-munisipaliteit.

Daar het nou reeds ’n jaar verloop en ek wonder of daar al antwoorde is?

Daar word gevra of iemand al aandag geskenk het aan die rioolprobleem in die omgewing van Bospoort, asook die rioolwater langs die ou Pretoriapad.

Daar word ook gevra of daar aandag gegee kan word aan die straatligte wat bedags brand en of dié ligte wat saans dood is, herstel kan word.

Daar word genoem dat daar verskeie straathoeke sonder straatnaamborde is.

Op party van die straatnaamborde wat daar is, is die straatname verkeerd gespel.

Kon die munisipaliteit, en die betrokke raadslede, al iets aan dié sake doen? Ons is darem al ’n hele jaar verder?

Related Articles

Back to top button