LettersOpinion

Briewe: Inenting van skoolpersoneel verwelkom

Die aangekondigde inentingsprogram sluit alle skole, openbaar en onafhanklik, asook alle personeel, onderwys-, administratiewe en ander personeel in.

Dr. Wynand Boshoff, Vryheidsfront-Plus (VF-Plus) -LP en hoofwoordvoerder: Basiese onderwys, skryf:

Sedert die aanvang van Covid-19-verwante inperkings, het die VF-Plus hom daarvoor beywer dat die onderwyssektor so gou moontlik heropen moet word. Juis daarom verwelkom die party die geleentheid wat geskep word om alle skoolverwante personeel wat dit verlang, te laat inent.

Die aangekondigde inentingsprogram sluit alle skole, openbaar en onafhanklik, asook alle personeel, onderwys-, administratiewe en ander personeel in.

Ook personeellede wat deur die skoolbeheerliggaam betaal word, is ingesluit. Steeds is die inenting nie ’n voorwaarde om steeds as personeellid van ’n skool te dien nie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het op Saterdag 19 Junie bevestig dat skole wat deur Covid-19-besmettings geraak word, op ’n geval-vir-geval-grondslag hanteer word.

Dit beteken dat skole waar geen positiewe gevalle voorkom nie, sonder ontwrigting kan voortgaan.

’n Aspek wat wel kommer wek, is dat onderwysers met onderliggende siektetoestande ook ná die inentingsprogram na skole sal moet terugkeer.

Die minister het tereg daarop gewys dat die inenting nie 100% beskerming bied nie.

Dit beteken dat sommige onderwysers sal moet kies of hulle die risiko wil neem of vervroegde pensioen wil neem.

Related Articles

Back to top button