LettersOpinion

Brief: Werkloosheidskoers sal net aanhou groei onder huidige ANC-beleid

Die toestand van plaaslike regering en die algehele verval daarvan onder die ANC kniehalter veral klein ondernemings se ekonomiese vooruitgang en werkskeppingspotensiaal.

Heloïse Denner, Vryheidsfront-Plus-LP en hoofwoordvoerder: Arbeid, skryf:

Die styging in die werkloosheidskoers tot 32,6% vir die eerste kwartaal van 2021 — ’n rekordkoers sedert Statistiek Suid-Afrika dié koers in 2008 begin byhou het, bevestig dat werkloosheid onder die ANC-regering sal aanhou styg.

Die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkings het wel bygedra tot grootskeepse werksverliese, maar werkloosheid in die land was lank voor die pandemie reeds aan die toeneem.

Gefaalde ANC politieke ideologieë soos swart ekonomiese bemagtigingswetgewing (SEB) wat nou met die jongste voorgestelde wysigingswetsontwerp die privaat sektor se beweegruimte om werkgeleenthede te skep verder aan bande sal lê, sal verder bydra tot werkloosheid in Suid-Afrika.

Die toestand van plaaslike regering en die algehele verval daarvan onder die ANC kniehalter veral klein ondernemings se ekonomiese vooruitgang en werkskeppingspotensiaal.

Die ewig stygende werkloosheidskoers wat ontmoedigde werksoekers insluit en gedurende die eerste kwartaal by 43,2% gedraai het, is die gevolg van volgehoue swak regering op alle vlakke.

Voordat ekonomiese groei nie geprioritiseer word nie, sal werkloosheid en gepaardgaande sosio-ekonomiese probleme aanhou toeneem.

Related Articles

Back to top button