LettersOpinion

Brief: Inentings daag bejaardes uit

My gevoel is soos die ou mense tereg gesê het: “Hulle kan gaan vlieg.”

Stieler van Eeden, Bela-Bela, skryf:

Verbeel jou wat gaan deur jou gemoed as jy op Maandag 17 Mei — die eerste dag van fase 2 van die inentingsprogram teen Covid-19 — om 21:35 ’n SMS-boodskap ontvang dat jy die volgende oggend tussen 08:00 en 10:00 by die Kekana Gardens Clinic in Hammanskraal moet aanmeld.

Ek het in Bela-Bela geregistreer, want ek woon in Bela-Bela. Nou word daar van bejaardes verwag om ongeveer 60 km te ry na ’n plek wat heeltemal onbekend aan hulle is.

Boonop is ons nie seker of dit veilig daar is nie en omdat bejaardes kwesbaar is vir Covid-19, vermy ons plekke waar daar ’n samekoms van mense is.

Hoe kan die regering dit van hul senior burgers verwag?

My gevoel is soos die ou mense tereg gesê het: “Hulle kan gaan vlieg.”

Related Articles

Back to top button