LettersOpinion

Brief: AfriForum plaas druk op munisipaliteit oor rioolprobleme

Dié situasie hou verskeie gesondheidsrisiko’s vir inwoners in.

Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum-distrikskoördineerder in Limpopo, skryf:

Die Modimolle/Mookgophong-munisipaliteit het tydens die eerste week van Mei 2021 — ná maandelange volgehoue druk deur AfriForum se Naboomspruit-tak — ’n besoek by die rioolpompstasie in Roedtan afgelê waarna die probleme binne ’n week herstel is.

Inwoners van Roedtan het AfriForum vroeër genader met klagtes omdat onverwerkte riool op sommige plekke in die gebied in die veld uitgepomp word.

Die organisasie het sedert Julie 2020 reeds verskeie skrywes aan die munisipaliteit gerig en talle besoeke aan die munisipaliteit gebring oor onverwerkte riool in die omgewing.

Dié situasie hou verskeie gesondheidsrisiko’s vir inwoners in. AfriForum het verskeie kere daarop aangedring dat die munisipaliteit die probleme moet oplos en ’n plan moet voorlê om te verseker dat die kwessie volhoubaar opgelos word.

Danksy volgehoue druk van AfriForum het die stryd nou vrugte afgewerp.

Related Articles

Back to top button