LettersOpinion

Brief: ‘n Stukkie positiewe terugvoer

Dit was ’n voorreg om vir drie dae in jul bekwame hande te wees.

André Zeeman, Bela-Bela, skryf:

Ek was onlangs verplig om drie dae in die Phodi Clinic (die ou St. Vincent-hospitaal) in Bela-Bela deur te bring.

Ek het met ’n groot onsekerheid in my binneste aangemeld vir opname.

My eerste gedagte toe ek daar aankom was: “O genade, ek wonder hoe dit hier gaan verloop?” Maar wat ’n aangename verrassing!

Die personeel was vriendelik en behulpsaam en die opnameprosedure het seepglad verloop.

Die verpeegpersoneel wat my versorg het, was vriendelik en baie bekwaam. Hulle het met deernis na my omgesien en selfs my gebruiklike laataand koppie koffie met ’n glimlag vir my gemaak. Hospitaalkos is altyd onsmaaklik, maar weer moes ek my vooropgestelde idees verander, want drie geurige maaltye is per dag aan my bedien.

Iets wat my opgeval en baie beïndruk het, was dat die personeellede wat om 19:00 skofte ruil, almal eers byeengekom en saam gebid en gesing het voordat hulle uitmekaar gegaan het.

Ek kan nie almal se name onthou nie, maar wil graag van die bestuur tot die vriendelike skoonmakers hartlik bedank vir hul toegewyde diens.

Mag die Vader julle seën en versterk in jul werk. Dit was ’n voorreg om vir drie dae in jul bekwame hande te wees.

Related Articles

Back to top button