LettersOpinion

Brief: Slote in paaie: Vumatel en Herotel werk onafhanklik van mekaar

Vumatel is nog in die proses om slote in die dorp te grawe om ondergrondse internet-veselkabels te lê. Dit is slegs ’n deel van die opgraderingsprojek.

Rudolph Breytenbach, Vumatel-internetdiensverskaffer skryf:

Die berig in Die Pos van Vrydag 5 Februarie, met die opskrif “Nuwe internetkontrakteur van Bela-Bela wil pale oprig” verwys.

Ek wil dit weer benadruk dat Vumatel geen verbintenis met Herotel het nie. Die twee maatskappye funksioneer onafhanklik van mekaar en sal nie dieselfde toerusting of infrastruktuur gebruik nie.

Vumatel is nog in die proses om slote in die dorp te grawe om ondergrondse internet-veselkabels te lê.

Dit is slegs ’n deel van die opgraderingsprojek. Die dienspunte (bokse) wat Vumatel voor sekere erwe plaas, is spesifiek daar om internetdienste na ’n spesifieke eiendom te herlei.

Ons bied geen diens vanaf ’n oorhoofse paal nie. Herotel is gemoeid met oorhoofse kabels wat hulle op eie koste na eiendomme aanlê.

Inwoners behou die reg voor om te kies watter diensverskaffer hulle in die toekoms wil gebruik.

Related Articles

Back to top button