LettersOpinion

Brief: Dankie vir flinke en vinnige diens ná waterlek by oord

My oproep aan Johan Mills, voorsitter van die Bela-Bela-belastingbetalers-vereniging, het gou vrugte afgewerp.

Wessie van der Westhuizen, voorsitter: Warmbad-Renaissance-bestuurskomitee skryf:

Ons het op 26 Desember 2020 ’n lekplek aan ’n waterpyp by die munisipale reservoir, wat aan die noordekant van die Warmbad Renaissance-aftreeoord grens, aangemeld.

Die kommer het bestaan dat inwoners se eiendom beskadig kon word indien die lekplek nie gou herstel word nie.

 

 

My oproep aan Johan Mills, voorsitter van die Bela-Bela-belastingbetalersvereniging, het gou vrugte afgewerp, want binne minute was hy en Tinus Ras, DA-raadslid, op die toneel.

Ras het die verantwoordelike munisipale amptenare in kennis gestel en hulle het sonder verwyl opgedaag om die lekplek te herstel.

Ons as bestuur het dit daarom goedgedink om nie net vir Johan Mills en Tinus Ras te bedank nie, maar ook die amptenare van die munisipaliteit te loof vir hul flinke en bekwame optrede. Hulle het puik diens gelewer.

Related Articles

Back to top button