LettersOpinion

Brief: Bela-Bela-munisipaliteit is die oortreffende trap van onbekwaam

Die munisipaliteit het inwoners warm onder die kraag met die tydige en ontydige kragonderbrekings.

Willie Potgieter, Bela-Bela, skryf:

’n Mens kry onbekwaam, meer onbekwaam, mees onbekwaam, gevolg deur pateties en dan eers kry ’n mens die Bela-Bela-munisipaliteit.

Die munisipaliteit het inwoners warm onder die kraag met die tydige en ontydige kragonderbrekings.

Daar word nie op navrae gereageer nie en belastingbetalers kan nêrens hul griewe lig nie, want die verantwoordelike persoon kan nie opgespoor word nie.

Hoe verwag hulle moet ons hulle betaal as ons sakemense miljoene rande se skade ly met gesofistikeerde toerusting wat deur die wisselvallige kragstroom beskadig word?

Al wat hulle dan sê is: “Sôrrie!” Ons is verby moedeloos, teleurgesteld en gefrustreerd.

Ons is nou woedend oor dié onbekwaamheid.

Related Articles

Back to top button