LettersOpinion

Brief: Mense sonder maskers maak ons die duiwel in

Is iemand aanspreeklik daarvoor indien daar versuim word om aan die voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls te voldoen?

André Zeeman, Bela-Bela, skryf:

Ek het op Dinsdag 12 Januarie saam met my tuinman tuinvullis na die munisipale stortingsterrein geneem.

Ons het albei ons maskers aangehad. Daar het ’n redelik bejaarde man met ’n bakkievrag vullis en ’n aantal werkers aangekom.

Hulle herwin items wat gestort word. Hulle het begin toue losmaak en sakke met vullis afgelaai. Nie hy of die werkers het maskers gedra nie.

Hulle vat saam aan die toue en die sakke vullis en werk skouer aan skouer.

Daar is hoegenaamd geen sprake van sosiale afstande wat gehandhaaf word of hande wat gesaniteer word nie.

Watter voorbeeld stel dié man nou? Wat gaan hy vir sy mense sê as hy hulle aangesteek het en ’n nuwe vlaag Covid-19 ons dorp tref? Wat gaan gebeur as iemand sterf? Is iemand aanspreeklik daarvoor indien daar versuim word om aan die voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls te voldoen?

Ons land spook om kop bo water te hou met die ekonomiese insinking, korrupsie en die pandemie wat talle lewens eis.

Elke landsburger moet met verantwoordelikheid leef en deur hul handelinge ’n voorbeeld stel.

Indien dit nie gebeur nie, kan ons maar handdoek ingooi.

Kom, elke Waterberger, kom ons wys die land hoe mense met respek vir mekaar deur hierdie pandemie werk.

Related Articles

Back to top button