LettersOpinion

Brief: Besluit om grensposte te sluit, los nie die probleme op nie

Die regering se besluit om bloot die land se grensposte te sluit, bied geen oplossing vir die krisis wat die regering self geskep het nie.

Jaco Mulder, Vryheidsfront-Plus-LP en hoofwoordvoerder: Binnelandse sake, skryf:

Die regering se besluit om bloot die land se grensposte te sluit, bied geen oplossing vir die krisis wat die regering self geskep het nie.

Die departement van binnelandse sake se swak hantering van die situasie by van die land se grense tydens die feestydperk, waar motors in kilometerlange konvooie opgedam het en mense aan hitte-uitputting gesterf het, dui op die algehele onvermoë van die departement om aan sy mandaat te voldoen.

Die departement was nie gereed vir die situasie nie, wetend dat die grensposte wat normaalweg druk besig is, verder onder druk geplaas word met talle mense wat gedurende die feestydperk die grense oorsteek.

Daar is geen wysigings aangebring aan burokratiese rompslomp wat agterstande veroorsaak nie, geen opskerping van doeltreffendheid, geen aanbring van waterpunte, mobiele sanitêre geriewe of mediese ondersteuning nie, terwyl die weermag en polisie die strande patrolleer.

Suid-Afrika kan nie bekostig om buurlande se burgers, wat weens streng inperkings in hul eie lande na Suid-Afrika kom, te huisves nie.

Die sluiting van grense spreek egter nie die swak grensbeheer en poreuse grense aan nie.

Die VF-Plus verwelkom die besoek van die portefeuljekomitee aan die Beitbrug- en Lebombo-grensposte en dring daarop aan dat die komitee die minister, Aaron Motsoaledi, en sy departement tot verantwoording roep oor die chaos.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button