LettersOpinion

Brief: Drie veer­tjies vir hierdie drie puik sakeonder­ne­mings

Ek be­dank al die sakeondernemings vir hul toe­wy­ding en vrien­de­li­ke diens ge­du­ren­de 2020.

Jean­netta Botes, Bela-Bela, skryf:

Die jaar 2020 was vir al­mal ’n baie moeili­ke jaar, maar ek wil graag drie veer­tjies aan die volgen­de sakeondernemings uit­deel wat wonder­like diens aan my gele­wer het.

Ek het ’n pro­bleem met my voertuig ondervind. Dit het vir my na ’n reusetaak gelyk en geklink, maar San­tie Bos­hoff van BB Auto Body Rebuilds het my gerusgestel en som­mer gou die fout laat herstel.

Daarna het ek vir Wil­lem Botha by Hi-Q gebel namens ’n vriend wat ’n motor­bat­tery nodig gehad het.

Ek het dit pro­beer reël met die ooreen­koms dat die battery vervang sal word nadat ek die volgende dag kom betaal het.

Groot was my verbasing toe ek Hi-Q besoek en Willem my meedeel dat die battery reeds vervang is, want hy het my stem herken en geweet dat ek ’n gereelde kliënt is.

My laaste veertjie gaan aan Super­Spar in Bela-Bela. Ek het ’n spesiale vleisbestelling vir hulle deurgegee, maar in my lekker geselsie met die vriendelike personeellede, nie die nodige kontakbesonderhede verskaf nie.

Ek het gedink ek sal die volgende dag maar self moet ingaan winkel toe om die bestelling af te handel.

Groot was my verbasing toe Brian, die vriendelike blokman, om halfsewe dieselfde aand met my volledige bestelling by my huis opdaag.

Hier­mee be­dank ek al die sakeondernemings vir hul toe­wy­ding en vrien­de­li­ke diens ge­du­ren­de 2020. Ge­seënde Kers­fees aan jul­le al­mal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button