LettersOpinion

Brief: Bela-Bela-munisi­pa­liteit beproef sy belastingbetalers se geduld

Ons eens pragtige dorp word in die grond in bestuur.

Da­leen Steyn­berg, Be­la-Be­la, skryf:

Daar be­staan by my geen twy­fel dat die Bela-Bela-munisipaliteit se argelose houding jeens dienslewering vir inwoners net so ’n groot uitdaging soos die Covid-19-pandemie was nie.

Daar is in Roodepoort-, Noodhulp- en Bospoort-omgewings alleen altesame 237 klagtes oor waterlekkasies en rioolverstoppings en 325 klagtes oor kragonderbrekings ontvang.

Ek dink werk­lik dat ons geduld nou beproef word. Inwoners is desperaat en begin al hoe meer praat oor die moontlikheid om belasting te weerhou.

Niemand behalwe die munispale amptenare sal vir so ’n besluit geblameer kan word nie. Die muni­sipale bestuur se nalatig­heid, ag­te­rlo­sigheid, lui­heid en traak-my-nie-agtige-hou­ding is verregaande.

Ons eens pragtige dorp word in die grond in bestuur. Dit is onaanvaarbaar dat kor­rup­te amp­te­nare nie in heg­tenis ge­neem word nie. Kry hul­le dood­een­voudig ’n oor­pla­sing na ’n an­der departement of muni­sipa­liteit soos voor­heen ge­beur het?

Baie belof­tes word gemaak ty­dens ver­ga­derings met ampte­nare, maar daar word nie oplossings gevind nie. Moet ons intussen betaal vir dienste wat ons nie ontvang nie? Niemand kan die stank langs die R101-pad langer han­teer nie. Die riool vloei kilo­meters ver langs die toegangsroete tot ons dorp wat hoofsaaklik van toeriste afhanklik is.

Wat moet die vakan­sie­gang­ers van ons dorp dink? Hoe bestee ’n mens tyd en geld waar die onaangename reuke jou verdryf? Ek verneem dit gaan miljoen rande kos om die dorp se rioolaanleg op te gradeer.

Die vraag is: Hoekom wag totdat alles verval? Hoekom is daar nie gereeld instandhouding aan die infrastruktuur gedoen nie? Dit is mos nie ’n pro­bleem wat ver­lede week ontstaan het nie? Die dorp se algemene instandhouding is pateties en die muni­sipa­le be­stuur be­loof al baie lank dat daar ’n stoor met voldoende onderdele sal wees sodat foute dadelik herstel kan word. Het die stoor met die onderdele weggeraak? My en baie in­wo­ners se klagtes val sedert 2014 op dowe ore.

Daar was min, indien enige verbetering in dienslewering. Wat moet ons nog doen? Die swak diens aan­vaar? Gee tog asse­blief raad.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button