LettersOpinion

Brief: Hoe lyk daardie begrafnispolis?

Wan­neer laas het u die be­son­derhe­de op u be­graf­nis­polis na­ge­gaan?

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Wan­neer laas het u die be­son­derhe­de op u be­graf­nis­polis na­ge­gaan?

Tot my skok en ver­ba­sing moes ek vas­stel dat my po­lis wat op 31/3/2021 opbe­taal moes wees, die op­be­taal­datum as 31/3/2101 aangedui word. Dus oor 80 jaar.

Be­graf­nis­po­lis­se is ge­woon­lik in die naam van die eg­paar. Ge­stel een sou sterf, gaan die polis aan op die naam van die oor­le­wen­de.

In­dien hier­die per­soon ver­suim om ’n be­guns­tig­de op die kon­trak te be­noem, sal die po­lis nie outo­ma­ties aan die boe­del van die af­ge­stor­we­nes uit­be­taal word nie. Dit het pas met ’n in­wo­ner van Bos­veld­sig-aftree­oord ge­beur.

Om­dat die kos­te van be­graf­nis­on­der­ne­mers ver­skil, word dit dik­wels ty­dens ’n tyd van hart­seer en rou uitge­buit.

Vol­gens i­nli­g­ting word daar soms vals of on­uit­voer­bare be­loftes ge­maak en reke­ninge “gelaai” om die algehele po­lis op te slurp.

Be­jaar­des, om u naa­s­be­staan­des moei­te en onge­rief te spaar, word u aan­ge­raai om uit vrye wil u eie keu­se te maak en die naam en tele­foon­nom­mer van u be­graf­nis­on­der­ne­mer be­skik­baar te hou.

Related Articles

Back to top button