LettersOpinion

Waar is die lemoenbome heen?

Toe ek op­ge­won­de na die nu­we aan­plan­ting voor VKB wou gaan kyk, was ek ge­skok om te sien dat die bo­me ver­wy­der is. 

Dirk van der Mer­we, Modi­mol­le, skryf:

Ek wil be­gin om vir Afri­Fo­rum te be­dank vir die po­si­tie­we ma­nier waar­op hul­le ons dorp mooi maak en in stand hou.

Die her­stel van slag­ga­te en op­rig­ting van stop­te­kens by be­lang­rike krui­sings word raak­ge­sien en waar­deer. Die saak waar­oor ek won­der is die vol­gen­de:

Ek het in ’n on­lang­se artikel in Die Pos ge­lees en fo­to’s ge­sien waar le­moen­bo­me voor VKB se han­dels­tak ge­plant is.

Per­soon­lik is ek baie dank­baar dat Afri­Fo­rum met die same­wer­king van VKB op hier­die ma­nier kon­struk­tief pro­beer om ons dorp te ver­fraai. Die impak hier­van kan reeds ge­sien (en in die bloei­tyd ge­ruik) word met die sitrus­bo­me wat voor Pro­tea Ap­teek ge­plant is.

Ek en Wiets Bo­tes, tans voor­sit­ter van die Water­berg-sake­kamer, het met toe­stem­ming van die mu­ni­si­pa­li­teit bo­me daar ge­plant.

Toe ek op­ge­won­de na die nu­we aan­plan­ting voor VKB wou gaan kyk, was ek ge­skok om te sien dat die bo­me ver­wy­der is.

Met onsteltenis oor die verlies van die bome wonder ek of die skelms nou al so be­dag­saam is dat hul selfs die sy­paad­jie her­stel na­dat hul­le die nuut aan­ge­plan­te bo­me ge­steel het?

Related Articles

Back to top button