LettersOpinion

Regering reageer slegs op hofbevel

Dit is by uit­son­de­ring dat iemand jou sal te­rugska­kel of kon­tak, maar hoof­saak­lik word daar slegs op be­vel van ’n hof gerea­geer.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Graag ver­wys ek na Bit­ter Bet­tie se na­vraag in Ons Hoor in Die Pos van 16 Ok­to­ber. Bet­tie, ek het sleg­te nuus vir jou en dit is dat daar op geen kor­re­spon­den­sie of op­roe­pe deur Jan Pu­bliek aan eni­ge in­stel­ling waar die ANC be­trok­ke is gerea­geer word nie.

Dit is by uit­son­de­ring dat iemand jou sal te­rugska­kel of kon­tak, maar hoof­saak­lik word daar slegs op be­vel van ’n hof gerea­geer.

Dat daar normaalweg nie op Die Pos se na­vrae gereageer word nie, ge­tuig van uit­ste­ken­de joer­na­li­stiek.

As ’n mens vreedsaam betoog, kan jy maklik van po­ging tot moord, spoeg op straat of ter­ro­ris­me aan­gekla word.

Related Articles

Back to top button