LettersOpinion

Bid vir daadwerklike ommekeer

Vir die­ge­ne wat nie in die boe­re dwars­oor ons land se skoe­ne staan nie, is dit moei­lik om te be­gryp hoe jy jou le­we moet in­rig om voort­du­rend pa­raat te wees.

Karel Nie­wen­huis, adjunk- pro­vin­sia­le lei­er, Vry­heids­front-Plus, skryf:

Die wrede aan­val op Bren­din Horner was ’n keer­punt in Suid-Afri­ka se ge­skie­de­nis ten op­sig­te van plaas­moor­de.

Die aan­val­lers wou sonder twyfel ’n stel­ling maak deur die jong ­man te mar­tel en daar­na aan ’n paal vas te maak.

Die bood­skap is op die doeltreffendste manier denkbaar oor­ge­dra aan die lan­de­li­ke be­vol­king en die hele Suid-Afri­ka — die moor­de­naars het nie net geen re­spek vir le­we nie, maar hul wreed­heid grens aan die on­denk­ba­re.

Dit is haas on­moont­lik om te ver­wag dat ge­moe­de­re nie hoog sou loop ty­dens die ge­beu­re by die hof in Sene­kal nie. Die boe­re teen­woor­dig het genadiglik hoë mo­re­le waarde be­hou en nie die reg in eie han­de ge­neem nie.

Vir die­ge­ne wat nie in die boe­re dwars­oor ons land se skoe­ne staan nie, is dit moei­lik om te be­gryp hoe jy jou le­we moet in­rig om voort­du­rend pa­raat te wees.

Dit is net so moei­lik om te glo dat ons hier te doen het met die men­se wat kos op ons ta­fels sit. Dit gaan ook hier oor le­we wat goed­koop ge­word het. Daar was nog nooit in die land se ge­skie­de­nis so ’n leem­te van doelteffende leier­skap nie.

Die VF Plus was tydens die de­ba­kel in Sene­kal, waar die boe­re tot die uiter­ste ge­tart is, een van die stem­me wat mense tot kalm­te ge­maan het. Die­gene wat waar­sku teen roe­ke­lo­se op­tre­de, is nie bang nie, maar weet ge­weld lok ge­weld uit met geen wen­ners en slegs ver­loor­ders.

Ons mag nie uit die oog ver­loor dat ons hier te doen het met Suid-Afri­ka se toe­koms nie.

Dit gaan nie oor die aan­sien van po­li­ti­ci of kort­ter­myn ge­win deur on­ver­ant­woor­de­like uit­spra­ke en be­lof­tes te maak nie. Klaar­blyk­lik be­sin die ANC geen­sins oor bo­staan­de nie. Hulle kyk an­der pad wan­neer die EFF soos los ka­non­ne los­bars teen on­skul­di­ge men­se. Laat ons eer­lik wees: die ANC gee bloot nie om nie.

Die mil­joendol­lar vraag bly: waar­om? Laat ons glo Sene­kal was nie net ’n streep in die sand, leë be­lof­tes en ver­skui­wing van die doel­pa­le nie. Laat ons bid vir ’n daad­werk­like om­me­keer so­dat daar nie nog Bren­din Horners in hier­die land sal wees nie.

Related Articles

Back to top button