LettersOpinion

Dankie vir blitsige diens

Hul­le het on­mid­del­lik gerea­geer toe ons hul­le hulp ver­soek het.

Joanie Eras­­mus, Modi­­mol­­le, skryf:

Ek wil dan­kie sê aan Aman­da Scheepers en haar span van PRSS Seku­riteit vir die puik diens wat hul­le le­wer.

Hul­le het on­mid­del­lik gerea­geer toe ons hul­le hulp ver­soek het.

Daar was op Maan­dag 28 Sep­tem­ber ’n voor­val waar kliën­te met ver­vals­te R200-note by The Silver Wood Shack en Jagkamp be­taal het.

Ek het Aman­da on­mid­del­lik ge­ska­kel toe ek be­sef het die geld is ver­vals.

Ek het ’n fo­to en die re­gi­stra­sie­nom­mer van die voer­tuig vir haar ge­stuur en Jan­nie du Plessis van Jag­kamp het ’n fo­to van die ver­dag­te aan­ge­stuur.

Die verdagtes is bin­ne vyf mi­nu­te deur die vei­lig­heids­maat­skap­py vas­ge­trek. Hul­le het ons by die po­li­sie­sta­sie ont­moet en se­ker ge­maak ons is ver­troud met die pro­se­dure om ’n saak te open. Ons dorp en ge­meen­skap is vei­liger met PRSS wat so pa­raat is.

Na­mens Jannie du Plessis en Hugo van Zyl van Silver Wood Shack, baie dan­kie vir die vol­ge­houe puik diens.

Related Articles

Back to top button