LettersOpinion

Wie het dan mag om dorp reg te ruk?

Die in­druk wat ge­skep word dat die toe­ge­wyd­heid en pres­ta­sie van die dorp se bur­ge­mees­ter en haar span nie waar­deer word nie, is nie heel­te­mal waar nie.

Piet du Toit, Modi­mol­le, skryf:

Die in­druk wat ge­skep word dat die toe­ge­wyd­heid en pres­ta­sie van die dorp se bur­ge­mees­ter en haar span nie waar­deer word nie, is nie heel­te­mal waar nie.

Hul kom­mu­ni­ka­sie en in­lig­ting wat uit­ge­stuur word is uit­ste­kend. Dit hou ons op hoog­te van wat aan­gaan en help ons om die lo­gi­stiek en fun­ksies van die mu­ni­si­pa­li­teit te ver­staan.

Die har­de werk word baie waar­deer en hul­le word nie aan­ge­val en ge­kri­ti­seer nie. Die “soft skills” word goed uit­ge­voer.

Die pro­bleem is dat die in­fra­struk­tuur van Modi­mol­le be­sig is om ag­ter­uit te gaan. Die elek­trie­se net­werk word nie or­den­t­lik ge­diens nie. Straat­ligte word nie herstel nie, ska­kel­tuig en trans­for­ma­tors word nie on­der­hou nie, paal­struk­tu­re is vrot, boom­tak­ke groei wild tus­sen oor­hoof­se ka­bels en fou­tie­we ring­voer­ders word nie her­stel nie.

Die wa­ter­stelsel is ook on­der druk. Pomp­sta­sies word nie ged­iens nie. Dit het tot gevolg dat nie al die pompe meer in ’n werkende toestand is nie. Die pom­pe lek wa­ter en elek­trie­se pa­neel­be­dra­ding het aan­dag no­dig.

Riool­man­ga­te loop ge­reeld oor en die pro­ble­me word nie or­den­t­lik her­stel nie. ’n Mens wonder hoe dit by die riool­sui­we­rings­wer­ke lyk.

Die dorp se paaie is in ’n toe­stand. Slag­ga­te word her­stel, maar dit is nie vol­hou­baar nie. Par­keer- en stop­straat­ly­ne is op baie plek­ke nie sig­baar nie. Men­se par­keer net soos hul­le wil. Som­mi­ge ver­keers­lig­te is beskadig en bui­te wer­king. Ja, dit kos har­de werk om ’n wan­funk­sio­ne­le mu­ni­si­pa­li­teit reg te ruk.

Dit is ook moei­lik om te glo dat daar nie ma­nie­re is om die men­se wat nie pres­teer nie, aan te spreek en dis­si­pli­nêre stappe te neem teen hul­le en hulle ver­ant­woord­baar te hou nie. Die vraag is wie is ver­ant­woor­de­lik om die reg­rukak­sies te koör­di­neer en toe te sien dat die aksie­plan­ne uit­ge­voer word?

As die raad en wyks­ko­mi­tee nie die mag het nie, wie moet dan toesien dat al­les reg loop?

Related Articles

Back to top button